Ondersteun SA se beste
2011-07-28
SA SE BESTE. Suid-Afrika se beste Junior Kata en Unison karate-atleet van die Paarl, Chantley Wiese, is deur Karate Suid-Afrika uitgenooi om later vanjaar aan die Wêreldkampioenskappe in Maleisië te gaan deelneem, maar sal moet tuis bly as hy nie betyds R20 000 insamel om die toer mee te maak nie. Chantley moet dringend ’n R10 000 deposito betaal om in die span ingesluit te word. Diegene wat hom wil ondersteun, kan met Patrick Ross skakel by 021 862 1943.
More
News
|