Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-07-28


KRIEKET

* Drakenstein Edu-Krieketklub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 16:30 tot 18:30 te Hoërskool Laborie se krieketvelde. Nuwe lede is welkom. Vir navrae, skakel Butch Green (afrigter) by 073 136 2713 of Enver van Breda by 079 026 1274.

* Paarl-krieketklub se bekeruitdeling vind plaas op Saterdag 16 Julie by Boland-park (Stumps). Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede teen R50 per kop.

* Die SR Radiators Young Peoples-krieketklub beplan ’n voorseisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16 tot 19 September.

* Paarl-Oos-krieketklub se nuwe bestuur is aangewys. Hulle is Dirk Burger (beskermheer), Mark Goliath (voorsitter), Derick Ruiters (adj. voorsitter), Dennis November (visevoorsitter), Andrew Apollis (sekr), René Klaasen (hulpsekr), Leroy Abrahams (kassier), Wayne Minnies (hulpkassier), Jack Daniels (wedstrydsekr), Pearl Williams en Werner Erasmus (trustees) en Justin Watts, Andrew Philander, Jacobus Williams en Ricardo Goliath (add. lede). Hul bekerfunksie word op 2 September (19:00) by Bolandpark gehou.

*Paarl-Oos-krieketklub se oefeninge is Maandae en Woensdae om 17:30 en hulle binnenshuise oefening by Bolandpark is op 13 Augustus tussen 09:00 en 10:00. Skakel vir kapt Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017.

) RUGBY

* Albions speel Vrydagaand vanaf 17:30 teen Gardens op die Dal Josafat-stadion.

* Young Gardens bied op 9 Augustus ’n vrouedagontbyt by Amstelhof Primêr aan. Die koste beloop R75 per persoon. Skakel vir Mario (082 360 2680) of Ivor (082 432 2966) vir meer inligting.

* Violets bied op 29 Julie ’n hoenderbraai aan by Kenneth Dennis se woning teen R40. Dié klub versoek ook al sy ondersteuners om hulle te registreer deur Violets Paarl te sms na 32715.

* Die algemene maandvergadering vanaf die Paarl-rugbystreek word op 3 Augustus om 19:00 by die AC Rottweiler- raadsaal gehou. Vir verdere navrae, kontak die sekretaris by 082 731 4879.

* Albions se Teeparty word op 31 Julie vanaf 15:00 tot 18:00 in die Bethel-saal aangebied teen R60 per persoon. Kontak Quinton Williams by 078 274 8148 vir meer inligting.

* Violets speel hierdie naweek teen Pêrel United op Dal Josafat. Die klub bied ook ‘n hoenderbraaifunksie aan op 29 Julie (Kenneth Dennis se woning ) te Grebestraat 36. Op Saterdag (30 Julie) bied Violets se ‘’Old Boys ‘’ ‘n disko (20:00) aan by International teen R10.

* Riverstones Old Boys bied op 13 Augustus ’n bustoer na die Boesmanland-plaaskombuis in Langebaan aan. Die koste beloop R240 per persoon en sluit middagete in. Kontak vir Neville by 073 053 0280 vir meer besonderhede.

) GESTREMDES

Die Boland Sportvereniging vir Gestremdes vergader op 2 Augustus (18:30) by die Worcester Tennisklub (Bolandpark, Worcester). Vir navrae, skakel met Avril Farao by 082 770 3071.

) BODY-BUILDING

Paarl Body-building and the Huguenot URC Gym will host the muscle and beauty show on 27 August at the Strauss hall in Paarl. A Boland team will be selected to take part in the SA championship in October in Paarl and gym members can also take part in the Mr & Miss Gym 2011. Contact AC Adams at 071 178 0578.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za