Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalprobleem in hof

Taalprobleem in hof
 
2005-10-27


’n TAALPROBLEEM het gister veroorsaak dat die borgaansoek van drie beweerde moordenaars in die Paarl landdroshof uitgestel is.

Jacob Pietersen van Greenfields, Ben Pienaar van Fairyland en Michael Manzo van Mbekweni is vir die verkragting en moord van ’n tienermeisie in hegtenis geneem.

Jolene Pietersen (19) van Greenfields, Daljosafat, is in digte gras naby haar ouerhuis dood aangetref nadat sy die Saterdagaand saam met vriende in Miltytown gekuier het.

Sy is na bewering op pad huis toe agtervolg en oorval.

Terwyl die mans (aldrie is in hul 40’s) gister van Allandale Gevangenis na die hofselle gebring is, het inwoners van Greenfields buite die hofgebou betoog teen borg aan verkragters en moordenaars.

Die mans was kalm in die beskuldigdebank.

Die regsverteenwoordigers het op ’n binne-verhoor aangedring terwyl hulle beswaar aangeteken het omdat van die dokumente in Engels was.

Dié verhoor is tot môre uitgestel, en eers daarná sal ’n datum vir die borgaansoek vasgestel word.

* The men accused of murdering a teenage girl in Dal Josaphat have had their bail application postponed.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za