MET die Regent Boland Kavaliers wat die afgelope naweek hul wendroogte in Welkom teen die Griffons verbreek het met ’n 46-7 wen, kan die Valke môremiddag op Boland-stadion ’n lang middag verwag met die Bolanders wat van krag tot krag gaan.
Om 12:45 is daar ’n voorwedstryd tussen Boland se o.20-span teen ’n Yorkshire Terriers o.20-span. Die hoofwedstryd begin om 15:00. Paarl Post, die Boland- rugbyunie en Regent se skopkompetisie word weer gedurende halftyd van die hoofwedstryd aangebied.