Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Violets klop ligavoorlopers

Violets klop ligavoorlopers
 
2011-07-28


DIE eerste rugbyspan van Violets het die afgelope naweek die ligavoorloper, Vineyards, met klipharde en genadelose rugby van die veld gespeel en hulle met 23-15 geklop. Violets kon vir die afgelope drie seisoene (6 wedstryde) nie met Vineyards afreken nie.

Alhoewel Vineyards sonder nege gereelde spelers moes klaarkom, het Violets se pak voorspelers goed met die agterspelers gekombineer om ‘n roemryke oorwinning te behaal.

Vineyards sal nou diep moet grawe aangesien die beseringspook behoorlik onder hulle maai en die bestuur van Vineyards is bekommerd dat hulle diepte net nie genoeg gaan wees om Saterdag se wedstryd teen Simondium deur te trek nie.

Gelukkig is daar ’n vier weke breek (Ramadaan) wat moontlik genoeg tyd gaan gee dat kaptein Adlee Moerat (enkel), vleuel Anwar Shuhail Moerat (gewrig) en flanke Zaahir Chippendale (enkel) en Ibie Davids (knie) sodoende sal herstel van hulle beserings.

Saterdag het Violets eerste punte aangeteken danksy ’n vlymskerp breekslag steelkant om deur agtsteman Tyrone Uren wat dit vir skrumskakel, Ashley Raubenheimer, moontlik gemaak het om vir Monrico Carolissen (kaptein) weg te stuur vir die eerste drie. Denovan Hoogaard slaag met die doelskop om die telling 7-0 te maak waarna Vineyards antwoord met ’n strafskop om die telling 7-3 te maak.

Norman Kermis druk vir Violets ná volgehoue druk aan die steelkant deur Uren en Raubenheimer wat so verhoed dat die vleuel van Vineyards die bal onder beheer kry. Toe die bal uit die vleuel se hande hop en Kermis dit in die hande kry, hardloop hy 45 meter om sierlik in die hoek oor te duik vir sy eerste drie van die dag.

Die tweede helfte begin op dieselfde trant soos die eerste, met veral William Hendricks en Jean Isaks van Violets wat hul teenstanders in die middelveld heeltemal oorskadu.

Ná ‘n goeie teenaanval vanuit Violets se gebied en met die bal wat deur verskeie hande beweeg, druk Kermis een van die mooiste drieë wat die Dal nog ooit gesien het.

Vineyards kom egter terug en druk twee drieë deur goeie dryfspel deur hul voorspelers, maar dit het nie die manne in pers en wit van stryk gebring nie. Met sowat ’n kwartier se spel oor, loods Violets aanval ná aanval wat gekombineer word deur goeie taktiese skopwerk deur die skakelpaar om Vineyards in hulle gebied vas te pen.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za