Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Helpende Hand help groot

Helpende Hand help groot
 
2011-08-04


SASKO het onlangs ’n groot skenking van voedselprodukte aan Solidariteit sel Helpende Hand-organisaise gemaak wat sowat 73 mense op Wellington wat swaar getref is deur die resessie, weekliks van voedsel voorsien.

Solidariteit het ’n beleid om behoeftige mense selfvoorsienend te maak, deur werkskepping, bemagtiging en opleiding.

Deur met ander organisasies en kerke saam te werk, het die tak op Wellington reeds ’n groot verskil gemaak in die lewens van hierdie inwoners. Daar word beoog om ’n tak in die Paarl te stig.

Danksy skenkings van verskeie donateurs is dit vir Solidariteit Helpende Hand se Wellington-tak moontlik om ongeveer 73 mense, weekliks van vars groente en vrugte te voorsien.

Hulles het ’n beleid om nie geld aan behoeftige mense te voorsien nie, maar hulle eerder te help om selfvoorsienend te word, deur werkskepping, bemagtiging en opleiding.

Hulle fokus veral ook op die welstand en geleenthede van die kinders binne hierdie hulpbehoewende gesinne.

Weens verskeie faktore is daar baie gesinne binne die gemeenskap van Wellington en Paarl wat onder uiters moeilike omstandighede ’n bestaan probeer maak en in baie gevalle is hierdie mense te trots om hulp te vra.

Deur met ander organisasies en kerke saam te werk, het die helpende hand tak in Wellington, reeds ’n groot verskil gemaak in die lewens van hierdie mense.

Op die oomblik is die Helpende Hand tak hoofsaaklik net aktief in Wellington en omgewing, maar daar bestaan egter ook ’n groot behoefte in Paarl en daarom doen hulle ’n beroep op inwoners van die Paarl om met die volgende persone te skakel indien hulle betrokke wil raak: Ada Venter 082 055 3887, Susan Marais 084 245 9455 of Eddie Gagiano 073 443 2467.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za