Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen rus vir ons moeder

Geen rus vir ons moeder
 
2011-08-04


ONS het onlangs ons moeder aan die dood afgestaan.

Dit was haar wens om in Parys-begraafplaas ter ruste gelê te word, aangesien sy meer as dertig jaar hiér gewoon.

Die enigste manier om nou vir ons moeder geskenke te gee, is om haar rusplek met blomme te versier en netjies te hou, maar leeglêers besluit om die blomme af te ruk, die potplantjies om te keer en grafstene te breek.

Die Munisipaliteit neem nie verantwoordelikheid vir enige skade of verlies aan grafte nie, hoe nou gemaak? Of aanvaar ons maar net dat mense maar kan neem wat hul nie toekom nie?

Hartseer

Munisipale woordvoerder, May Carolissen, reageer:

Die probleem van vandalisme en diefstal strek veel wyer as net begraafplase en om ’n oplossing te vind, is nie so eenvoudig nie.

Dit is ekonomies nie haalbaar om elke begraafplaas 24 uur te patrolleer nie. Uit ondervinding weet ons dat omheining ook nie die oplossing is nie. Dit mag moontlik die probleem verminder, maar ’n muur/omheining gee weer aanleiding tot ander finansiële uitdagings.

Die Munisipaliteit ondersoek tans die moontlikheid om ’n sekuriteitsmaatskappy aan te stel om patrollies uit te voer saam met die munisipale wetstoepassers.

Sodoende kan negatiewe elemente verwyder word en hierdeur sal vandalisme verminder word.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za