Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koningstraat is g'n N1

Koningstraat is g'n N1
 
2011-08-04


DIE opskrif van die berig oor vragmotors wat parkeer op die Honeydewplaas in Koningュstraat (Paarl Post 14 Julie) gee 地 mens die indruk dat 地 voetganger hier nie meer veilig kan beweeg nie. Niks is verder van die waarheid nie.

As ek ses trokke per week gewaar, is dit baie. En hulle ry stadig. Jy kan rustig in die middel van die straat stap en hulle sal vir jou stop. Hoekom op aarde sal jou kind nie veilig wees as hy by die huis uitstap nie?

Snags klink hul spoed effens vinniger, maar dis definitief nie 地 gejaag nie.

My gevoel is hulle probeer so min moonlitk steurnis veroorsaak. Hierdie mense het self ook kinders.

Koningstraat is wyd. As twee motors reg oorkant mekaar geparkeer staan, is daar nog 4 m se pad oop vir verkeer voor my huis. Indien 地 vragmotor dus nie kon deurkom nie en 地 inwoner se aandag probeer trek het met sy toeter, dan moes die inwoner onwettig ver van die sypaadjie af parkeer het.

Die ander kwessie wat aangeroer is, was slaggate. Daar is tans nie een slaggat die hele lengte van Koningstraat nie en as daar een verskyn, kom die Munisipaliteit dit verbasend gou herstel.

Diegene wat so hoogs ontsteld is, moet dalk in gedagte hou dat ons almal 地 lewe probeer maak, vragmotorbestuurders in kluis.

San Viljoen, Koningstraat




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za