Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie Loekie

Dankie Loekie
 
2011-08-04


AS een van die meer as 2000 motoriste wat bedags die Paarl uitry aan die suidekant, hoef ek nou nie meer soos ’n dronkie heen en weer te slinger met my motor om die mangat-deksels te vermy nie.

Op aandrang van Loekie Niehaus het die Munisipaliteit toe nou uiteindelik die deksels gelig.

Kan jy glo dat hulle een nie wou lig nie omdat dit ’n “poskantoor”-deksel is?

Wel Loekie het hom nie van stryk laat bring nie en die amptenare daarop gewys dat die toestand van die pad nog steeds die Munisipaliteit se verantwoordelikheid is en dat die probleem juis ontstaan het omdat die pad se teerlaag nou hoër is met die plasing van ’n nuwe oppervlakte.

Ek sien nou uit na verdere verbeterings aan ons paaie in alle wyke.

Deetlefs du Toit

LP (Kiesafdelingshoof)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za