Kunsdagboek
2011-08-04
* Skoonlief en die Ondier. Spektrum Kinderteater se nuutste verwerking van die sprokie Skoonlief en die Ondier is te sien by die Ou Meul-teater op 13 Augustus om 10:00. Skoonlief word gedwing om by die ondier te gaan woon as haar vader ’n roos pluk in die tuin van die ondier. Faktotum Fourie is weer op die toneel om te help waar hy kan, maar alles is egter nie soos dit blyk nie. Gaan Skoonlief haar verblyf oorleef? Kaartjies is R40 en kan bespreek word by 083 564 0056. * Op die planke. Die sangeres Helene Bester tree op met begeleiding van Hilandi du Toit by die Bôrdienghuis-teater op 12 Augustus. Bester sal van haar eie bekende musiek sing, soos Soos die winde waai, Tien minute, Mansmens van my en Kom rus ’n bietjie hier. Sy is ook bekend vir haar vertolkings van Jacques Brel se Marieke en die Afrikaanse weergawe van Ne me quitte pas. Kaartjies is R70 en kan bespreek word by Heinrich by 021 864 2574. * Lollos. Lollos die vriendelike wesentjie van Lala-land, vermaak op Saterdag 20 Augustus om 10:00 die kleinspan van die Paarl. Dié funksie by Laerskool Noord-Eind is ten bate van Amado. Kaartjies is R50 en kan bespreek word by Tracey by 083 604 4037
More
News
|