ONS kuier al jare lank by ’n bekende kuierplek in die Hoofstraat van die Paarl naby Pleinstraat wat onlangs deur nuwe bestuur oorgeneem is.
Saterdagmiddag het ek en my man besluit om ’n rustige drankie te gaan geniet.
Toe ons die tweede drankie wil koop, is sy beursie uit my handsak gesteel. Dit was een van drie gevalle wat daardie aand gebeur het binne ’n halfuur.
Wat ons die meeste teleur gestel het, was die manier hoe die nuwe eienaars die situasie hanteer het.
Ons het gevra dat hul die polisie moet skakel, maar niks van so ’n aard het gerealiseer nie, want hulle is te bang vir swak publisiteit.
Ek en die kroegdame het die dameskleedkamers gaan deursoek en gelukkig my man se beursie in die toiletbak gevind.
Natuurlik was al die geld geneem (tot die bietjie kleingeld) wat daarin was. Gelukkig vir ons was al sy kaarte en belangrike dokumente nog in die beursie, maar WATERNAT.
Jammer om dit te sê, maar ongelukkig sal die kuierplek baie van hul lojale kliënte verloor as gevolg van swak bestuur en sekuriteit.
En ons sal nie weer ons voete daar sit nie.
Teleurgestelde locals