Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Proteaplaas wys indringerplante kan weg

Proteaplaas wys indringerplante kan weg
 
2011-08-04


VYFTIEN jaar nadat Giel van Deventer teen die hange van Dutoitskloof gaan boer het, het hy steeds ’n stryd aan die gang teen indringerplante. Maar hy het beslis die voorsprong in hierdie stryd.

Van Deventer vertel dat toe hy die protea-plaas Floralea gekoop het, was hierdie 160 hektaar plaas vervuil van indringerbome en onkruid.

Daar was talle windlanings wat veral uit dennebome en hakea bestaan het. Vandag is daar hiervan nie meer ’n teken nie en onkruid soos kakiebos, Kaapse dubbeltjies en skotse dissel bestaan basies nie meer op die plaas nie.

Van Deventer het ook ’n stelsel in plek wat die minimum verbruik van onkruiddoder verg.

“Windlanings is grotendeels ’n euwel, want die inheemse bome wat hiervoor geplant word, versprei en dit belemmer ook die ontwikkeling van proteabosse en veroorsaak swamsiektes. Daarom moet meer gifstowwe gebruik word wat op die lange duur geweldige skade aan landbougrond veroorsaak.

“Om nie te praat van die waterverlies wat hierdie bome veroorsaak nie.”

Van Deventer sê dat indringerbome nie toelaat dat enige fynbos onder hulle groei nie en so kan verskeie soorte ook uitvrek.

“Bome soos bloekombome dra baie min by tot die ekosisteem, maar een vierkante meter fynbos dra by tot talle ekologiese bedrywighede.”

So is 52 windlangings stelselmatig uitgehaal en die natuurlike fynbos het homself vinnig hervestig.

“Dit is wel nie ’n maklike taak nie. Dit is nie net ’n kwessie van bome en bosse uithaal nie, maar daar moet permanente opvolg­- werk gedoen word om te verhoed dat saad van indringerplante ontkiem.”

Vanaf die berghang by Floralea kyk Van Deventer uit op die aangesig van Paarlberg wat vervuil is van indringerplante.

Verskeie kortstondige pogings is al hier aangewend om veral wattelbome uit te roei, maar dit is onsuksesvol, omdat geen opvolgwerk gedoen is nie.

“As die denne- en wattelbome op Paarlberg uitgeroei word, sal ’n magdom van fynbos hulself weer daar vestig. Dit is nie maklik nie, maar dit kan gedoen word.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za