Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot skok vir skrootdelwer

Groot skok vir skrootdelwer
 
2005-10-27

Malané Bosman

DELWERY agter ’n stukkie brood het verlede week byna die lewe van ’n man in Paarl-Oos gekos, toe hy die omhulsel van ’n elektriese kabel wat 66 000 Volt dra, raakgekap het.

Dit het ook die dorp vir etlike ure sonder krag lamgelê.

Thomas Timotheus en mede-bewoners van opslaanhuise op die oop land tussen Klein Drakensteinweg en die moskee in Abattoirstraat, grawe al 18 maande lank na skroot onder die grond.

Donderdag het Thomas met ’n vurk na die “ysterpyp” gekap, toe ’n reuse-vlam oor hom geskiet het.

“Ek het ’n reënboog gesien en toe ’n wit laken voor my oë,” vertel Thomas.

“Daar was ’n slag soos ’n geweerskoot. Die vurk het vasgesit en ek moes hard ruk tot ek los was.”

Joseph Plaatjies vertel verder: “Hy het gedink dis nou ’n lekker stukkie brood se geld, daai yster, maar toe is dit heeltyd ’n pyp met ’n kragdraad wat daarin sit.”

Thomas het brandwonde aan sy linkerarm en gesig opgedoen.

Die mans en vroue het die ou “Kreefgat” terloops ontdek. Dit is die destydse "mopgat" op die grond waar beplan word om Van der Stelstraat-Noord en -Suid te verbind.

Sedertdien grawe hulle elke dag, soos diamantdelwers. Elkeen het sy en haar eie gat. Sommiges is net ’n meter diep, maar daar waar Thomas gegrawe het, was hy al drie meter onder die grondoppervlak.

“Dis die chicks se gat,” wys ’n vrou. “Chicks soos in vroumense en soos in die scrap metal plek.”

Joseph sê: “Ons soek vir yster en plaat en brass en koper. Dan verkoop ons dit. Werk is skaars. Dit is mos beter as om op straat te staan of te steel vir brood op die tafel.

“Ons kan sien daar anderkant staan ’n elektriese boks, maar ons het gedink die krag stop daar. Die Munisipaliteit kon al lankal vir ons gewaarsku het. Hulle sien dan ons werk hier om die kragdrade.”

Thomas vertel trots dat hy al ’n 1927 sjieling en ’n 1944 pennie in die gat gekry het.

Joseph kom wys sy 1950 en 1952 pennies. “Ek hoor mens kan R30 000 vir dié ou geld kry. Ek soek net die plek waar ek dit kan verkoop.”

Die ganse middedorp was Donderdag sonder krag totdat die munisipale elektriese afdeling die bron van die onderbreking ontdek en tydelik herstel het.

Thomas het nie die kragdraad self raakgekap nie, maar ’n vlam veroorsaak wat deur die kabel se geïnsuleerde omhulsel gebrand het.

Kontrakteurs het Saterdag die kabel vervang.

* A man digging for scrap metal hit an electrical cable, causing a major power failure in central and Paarl East.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za