25 jaar vir verkragting
2011-08-04
''n VERKRAGTER sal die volgende 25 jaar agter tralies sit vir die verkragting van ’n vrou op Wellington. Whalied Paulse (27) is daarvan skuldig bevind dat hy ’n jong winkelassistent in April 2007 verkrag het tydens ’n gewapende roof in ’n winkel in Hoofstraat. Die voorval het plaasgevind toe Paulse ’n skoonheidswinkel ingestap en ’n koeldrank gekoop het. Hy is na die toonbank om te betaal, maar het ’n vuurwapen te voorskyn gebring en die winkelassistent gedreig. Sy is na die agterkant van die winkel gedwing en in die toilet verkrag. Hy het gevlug met R320 kontant, sowel as die vrou se identiteitsdokument. Paulse is kort hierna in hegtenis geneem weens ’n beskrywing wat die slagoffer aan die polisie gegee het. Toe Paulse in hegtenis geneem is, is die kontant en ID-boekie in sy besit gevind, sowel as die vuurwapen wat geblyk het ’n speelgoedgeweer te wees. Paulse is in die Paarl Streekhof skuldig bevind aan gewapende roof en verkragting. Hiervoor is 25 jaar aan hom opgelê. Die ondersoekbeampte, adj Hein van der Spuy, het gesê dat hy baie gelukkig is met die uitspraak. “Misdadigers moet leer dat hulle nie gaan wegkom met misdaad nie, maar eerder hulself lank agter trallies bevind.”
More
News
|