Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbytelbord

Rugbytelbord
 
2011-08-04


VIOLETS TEKEN REKORD AAN

Violets R.V.K. het die afgelope naweek sy posisie op die punteleer verstewig toe hulle Paarl United behoorlik verniel het. Violets wen dié wedstryd 76-3.

Violets druk in die proses twaalf drieë, wat ’n rekord vir dié klub teen enige span is.

Die voorspelers het as ’n eenheid die veel ligter pak van Pêrel United in die grond ingeskrum om sodoende vir die agterlyn goeie besit te verskaf, en op hulle beurt die drieë ingeryg het. Violets se tweede span wen 59-8 en die derde span wen 24-0.

) ALBIONS WEN WEDLOOP

Albions het hulle wedstryd Saterdag teen Young Gardens teen ’n hoë tempo begin en uiteindelik met 18-10 geseëvier. Carlyle Williams is as speler van die wedstryd aangewys.

Veral Bathandwa Nduku (haker) het gehelp om die stryd te wen met meer as een vasskop. Driedrukkers was Dean Appolis (flank) en Dane Schoor.

) BLUES KNIP WINDMEUL SE VLERKE

Lower Paarl (Blues) se eerste rugbyspan het Saterdag vir Windmeul met 32-12 geklop terwyl die tweedes (14-0) en die derdes (21-3) ook as oorwinnaars van die veld gestap het.

Vir die eerste span het Donnie Fredericks, Lee Blaine, Jody Carolissen en Ashley Swarts drieë aangeteken. Bjorn Winklow het drie doelskoppe en twee strafskoppe oorgeskop.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za