Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


69ste Paarlberg-halfmarathon

69ste Paarlberg-halfmarathon
 
2011-08-04


DIE McDonalds Paarlberg-halfmarathon, die tweede oudste wedloop in Suid-Afrika wat vanjaar vir die 69ste keer aangebied word, vind volgende week in die Paarl plaas.

Die nuwe roete se begin- en eindpunt is by die Laerskool Courtrai en sluit die Taalmonument se pad in asook Hoofstraat.

Dié wedloop word op 13 Augustus deur die Paarl Atletiekklub, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aangebied, ten bate van die Andrew Murray Jeugsorgsentrum.

Atlete sal eers die volle lengte van Hoofstraat noordwaarts aandurf voordat hulle in Noorder-Paarl links gaan draai in die Jan Phillipsbergpad.

Dit is ’n Boland-ligawedloop met die 21,1 km wat om 07:00 begin. Die 10 km wedloop begin om 07:10 en die 5 km pretloop om 07:20.

Atlete wat wil deelneem, kan met Sybrand du Plessis by 083 444 6940 skakel. Inskrywings kan ook by Pêrel Sport in Lady Greystraat en Paarl Mall gedoen word




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za