Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers begin karakter wys

Kavaliers begin karakter wys
 
2011-08-04

Sieb Sieberhagen

DIE hoofbreier van die Regent Boland Kavaliers, Loffie Eloff, het twee jaar gelede gesê dat dit 2 tot 3 jaar gaan neem om ’n span saam te laat speel, karakter te begin wys en sodoende wenne onder die belt te kry.

En dit is presies wat hulle besig is om te doen met die derde oorwinning in die huidige Absa Curriebeker-seisoen toe hulle die Valke verlede Vrydag op Boland-stadion in ’n eersteliga-wedstryd met 52-10 geklop het.

Nou lyk dit asof daardie saamspeelresep begin werk. Dit is ook die rede waarom daar so ’n groot verbetering in die Bolanders se spel is, meen Eloff. Die Bolanders is die span wat drieë druk, terwyl hulle teenstanders sukkel om oor die doellyn te kom.

“Daar is nog baie goed wat ons nog moet beter doen, maar in hierdie stadium is ek tevrede. Ek het van die begin af gesê dat dit ’n paar jaar sal neem om ’n sekere patroon te vestig by ’n span. Kyk maar na die Bulle. Hulle het vyf jaar geneem om sekere karaktereienskappe te vestig,” sê hy.

“Ons is nou in jaar twee. Natuurlik het ons ook ’n paar sleutelspelers bygekry, maar dit is baie moeilik om ouens uit te sonder. Ons het nou baie goeie kombinasies,” sê hy.

Die Bolanders is nou eerste op die punteleer en speel op 23 Augustus teen die OP Kings.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za