Derby-aksie begin Maandag
2011-08-04
EERSKOMENDE Maandag (8 Augustus) gaan die eerste skote klap in vanjaar se Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans derby 2011. Dié twee skole se oudstudentewedstryde vind plaas op die Daljosafat-stadion en word voorafgegaan deur die wedstryde van die o.14B-, o.15B- en o.16B-spanne. Die oudstudente se rugby- en netbalwedstryde begin om 18:00. Die toegang is R10 (kinders R5). Woensdag en Donderdag vind die ander sportkode-wedstryde plaas by Klein Nederburg Sekondêre Skool en die Monte Christo-sportvelde. Die hokkie- en sokkerwedstryde vind Woensdag plaas en die basketbal, skaak, netbal en tafeltennis op Donderdag by Klein Nederburg om 15:00. Die toegang is R5. Op Vrydag 12 Augustus om 19:00 word KN se oudstudente “Big brag” by die gemeenskapsaal met karaoke en disco (gratis kaas en wyn) aangebied. Toegang is R50 en daar is ’n kontantkroeg beskikbaar. Op Vrydag 5 Augustus bied New Orleans Sekondêr hul oudstudentefunksie by die skoolsaal om 19:00. Toegang is R40. Die hoofwedstryd word om 16:00 op die Faurestraat-stadion aangebied. Toegang is R20 (oop-pawiljoen en staan), R25 (A- pawiljoen) en R30 (B-pawiljoen) Kinders (R10).
More
News
|