ELEKTRISITEITSTARIEWE in Drakenstein het op 1 Julie gestyg met 19% (voorafbetaald 17%).
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) het op 28 Junie die verhogings goedgekeur, maar verdere opwaartse tariefwysigings aanbeveel wat ’n verhoogde inkomste van ongeveer R6 miljoen vir die Raad teweeg sou bring.
Indien die Raad dit sou aanvaar sou dit meebring dat die verbruiker egter nog meer moes opdok vir elektrisiteit.
Die Raad het eenparig in belang van Drakenstein se gemeenskap besluit om nie hierdie addisionele tariefwysigings te implimenteer nie, veral gesien in die lig van die huidige ekonomiese klimaat.
Die Burgemeester het verder die gerugte wat tans versprei word dat die Drakenstein Raad oorweeg om die gratis eenhede elektrisiteit wat aan deernisgevalle voorsien word, te verminder of weg te vat, ontken.
* The Mayor has denied rumours that free electricity is to be cut.