Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rekenaars gee hupstoot

Rekenaars gee hupstoot
 
2005-10-27


DIE Paarl Vaardigheidskool in Suider-Paarl, het onlangs tydens ’n uithanggeleentheid hul rekenaarlokaal geopen.

Dit volg op ’n uitgerekte projek van vyf jaar onder koördinering van Prudence Brown, verbonde aan die skool.

Die amptelike opening van die projek is waargeneem deur die plaaslike OBOS-direkteur, Jannie Beukes, en dr Jan Bolton, van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

Prinsipaal Sakhiwo Matawani het in sy verwelkomingsrede die skool se behoefte aan moderne tegnologie uitgewys.

Die Vaardigheidskool het 200 leerlinge wat leergestremdhede ondervind in die geboue wat voorheen deur die Khutele Industrieskool gebruik was.

“Van die 160 aansoeke ontvang vir 2006, kon die skool slegs 44 aanvaar weens die tekort aan fisiese ruimte en personeel om aan die gemeenskapsbehoeftes te voorsien,” het Matawani gesê.

Leerlinge ontvang drie jaar opleiding in Houtwerk, Loodgieterswerk, Metaalwerk, Bouwerk, Lewensoriëntering, Syferkunde, Geletterdheid, Kuns en Handvlyt, Ekonomiese en Bestuurswetenskap en
Rekenaarvaardigheid.

Beukes het gesê vaardigheidskole speel ’n belangrike rol.

"Ons moet daaraan dink om dit spesialisskole te noem om die stigma wat daar dalk aan hierdie skole kleef, af te breek,” het hy
gesê.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za