EK wil graag my teleurstelling met die voorkoms van die Faurestraat-stadion tydens Interskole uitspreek.
Halfpad deur die byeenkoms het al die dromme reeds oorgeloop. Kan daar nie vullisverwydering wees op so ’n dag, of meer dromme nie? Dan wys ek daarop dat die telbord darem regtig baie oud is - kan daar nie ’n verbetering wees nie? Daar is te min plek op die bord vir meer as drie spanne se uitslae.
Besoeker