Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkeersligte net vir die mooi?

Verkeersligte net vir die mooi?
 
2011-08-11


ONS leer tog ons kinders so oulik die liedjie van “stop sê die rooi lig” en klaarblyklik is dit die enigste doel wat dit nog dien, om ’n liedjie te leer, want van stop by ’n rooi lig is daar lankal nie meer sprake nie!

Ek moet daagliks twee maal gebruik maak van die verkeerslig by Hospitaalstraat en Bergrivier Boulevard in die Paarl en dit is letterlik elke keer ’n saak van gebed.

’n Gebed dat een of ander idioot nie in my gaan vasry omdat hy die verkeersreëls net eenvoudig ignoreer nie. Daagliks gebeur dit dat tot vyf voertuie na mekaar oor die rooi lig ry sonder om eens spoed te verminder.

In die middae is daar dikwels soveel voertuie wat nog eers uit die Boulevard in Hospitaalstraat opdraai, lank nadat die lig rooi geslaan het, dat die voertuie wat in Hospitaalstraat moet opry, nie kans kry om te beweeg voor die lig al weer oorslaan nie.

Konsentreer mense nie meer wanneer hulle bestuur nie of is almal te besig met ’n vinnige teksboodskap of selfoonoproep?

’n Kamera in die robot mag dalk help op die probleem te verminder en meer spoedkameras in die Boulevard kan nie seermaak nie.

Leer wat beteken die robot se kleur en as jy vergeet het, vra jou kleuter om jou te herinner!

Ilse Olivier




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za