EK as senior burger en belastingbetaler skaam my om te sien dat mense sê hulle maak besigheid om hul gesinne te onderhou, maar dan handel hulle vrylik in dwelms sommer so by die stalletjies, met die groente en vrugte en al.
Hoofweg Wellington is nou vir my nie meer die plek waar ek goed gaan koop nie.
Waar is die polisie, GPF en buurtwagte om dit te keer?
Mense moet ophou met onheilige bedrywighede.
Ontevrede Wellingtonner