Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ons is trots op jou, Emile Clayton

Ons is trots op jou, Emile Clayton
 
2011-08-11


SPORT maak deure oop alhoewel die nodige erkenning sommige kere nie gegee word vir ’n persoon wat sy doel bereik het in sy sportsoort nie.

Weer eens het karate wat in die skadu van ander bekende sportsoorte in Suid-Afrika wandel na vore gekom met ’n produk uit die Paarl. Emile Clayton wat pas vir Nieu-Seeland aan die Statebondspele in Melbourne deel geneem het, het sy stempel daar afgedruk.

Soos ons sal sê “’n Ippon”, wat beteken ’n volpunt vir jou. Emile het eerste plek verower en wat ’n prestasie is dit nie! Jou heil het jy by ’n ander plek gesoek en die nodige erkenning het jy daarvoor gekry.

Alhoewel jy vir drie jaar nie meer in Suid-Afrika bly nie, is ons trots op jou. Op karategebied kan ons met enige land saam praat en ons is van die bestes.

Plaaslik sit ons ook met ’n SA kampioen, Etienne Marais, wat vir drie agtereenvolgende jare suksesvol sy titel verdedig het.

Gedurende Oktober gaan 3 van Boland se karaktekas na Maleisië om aan die junior wêreld kampioenskappe deel te neem. Waar gaan die geld vandaan kom om hulle te stuur? Dit kom weer eens neer daarop dat ons ons moet skaam waar bekwame en talentvolle sportmanne bakhand moet staan om geldelike steun te verkry om oorsee sy land te gaan verteenwoordig.

Afrigters soos Patrick Ross en Tony Johnson is daar om die diamante te slyp vir die toekoms en nie om soos bedelaars te gaan na instansies om geld te bekom om die karatekas op ’n toer te stuur nie. Dit geld ook vir ander sportsoorte.

Ek blameer die regering omdat hul nie daar is vir ons welvaart nie. Ons sit op ’n myn van talent hier in die Paarl, maar ons jeug raak die pad byster omdat die nodige geldelike ondersteuning nie daar is om die persoon na die volgende vlak te dra nie.

Ons eindbestemming in sport, en veral in karate, is om die beoefenaar sukses in die lewe te laat proe en om dwelms te help beveg.

Vir die jeug van die Paarl wil ek net sê, los daardie okkapyp, sigarette, dagga, wyn, en die tik - dit gaan jou toekoms net verongeluk. Volg in Emile se voetspore.

Sensei Mario Matthews




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za