Sportdagboek
2011-08-11
KRIEKET * SR Radiators Young Peoples-krieketklub oefen vanaf 9 Augustus op Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00 tot 19:00 by die Daljosafat-sportgronde. Hulle beplan ’n voorseisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16 tot 19 September. * Die Bergrivier-krieketklub se oefeninge het reeds begin. Hierdie week oefen hulle elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag om 17:00. * Drakenstein Edu-krieketklub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 16:30 tot 18:30 by Hoërskool Labori se krieketvelde. Nuwe lede is welkom. Vir navrae, skakel Butch Green (afrigter) by 073 136 2713 of Enver van Breda by 079 026 1274. * Ter voorbereiding van die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub tans aansoeke in van toporde-kolwers en ’n afrigter wat by die klub wil aansluit. Vir meer besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379. * Paarl-Oos-krieketklub se oefeninge is Maandae en Woensdae om 17:30. Hulle bied ook op 20 Augustus met die Springbokke vs All Blacks-wedstryd ’n grootskermuitsending by hul klubhuis aan. Verversings en speletjies word aangebied. Musiek word ook verskaf. Skakel vir kapt Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017. ) RUGBY * Young Peoples speel weer op 20 Augustus weg teen Tygerberg. Die klub hou ’n dans in Club Bash op 2 September. Kaartjies (R20) kan by spelers en bestuur verkry word. * Riverstones Old Boys bied op 13 Augustus ’n bustoer na die Boesmanland-plaaskombuis in Langebaan aan. Die koste beloop R240 per persoon en sluit middagete in. Kontak vir Neville by 073 053 0280 vir meer besonderhede. * United Stones-rugbyklub spel Saterdag ’n ligawedstryd teen die Eagles van Dassenberg op die Dal Josafat-skoolvelde. Hulle bied ook Saterdagaand ’n dans by 2Shotz aan. Skakel vir Abraham Mentoor by 021 873 1307 vir meer inligting. ) DOMINOES Drie klubs (Signall Hill, Niewe Zion en Merlé) neem tans deel aan die Simondium Domino-klubkampioenskappe. Wedstryde word Dinsdae vanaf 19:30 tot 21:30 gespeel. ) NETBAL * Die Paarl-netbalklub se oefeninge is op Maandae en Donderdae om 18:15 op die Zanddrift-bane. Belangstellendes kan Annelie Lucas by 083 377 2232 of Bennie Saayman by 083 462 6311 skakel. ) SOCCER * Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establishing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. Contact Lionel Matthee at 072 239 2181 or 021 807 4847. ) BOOGSKIET * Die Paarl Boogskietklub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00 tot 18:00 by die Nelson Wynlandgoed. Vir inligting, kontak Louis by 021 870 1257. ) SPORTFORUM Die volgende vergadering van die Paarl Sportforum is op 23 Augustus (Dinsdag) te Hugenote-gemeenskapsaal om 19:00. Alle geaffilieerde klubs moet teenwoordig wees. Alle sportklubs in die Paarl-omgewing word uitgenooi om aan te sluit. Kontak vir Brandon du Plessis by 076 187 7260 of brandonathletics@yahoo.com vir meer inligting. ) BODY-BUILDING Paarl Body-building and the Huguenot CYM will host the muscle and beauty show on 27 August (19:00) at the Strauss hall in Paarl. A Boland team will be selected to take part in the SA championship in October in Paarl and gym members can also take part in the Mr & Miss Gym 2011. Admission is R20 and the entry fee is R50. Contact AC Adams at 071 178 0578 or B Solomons at 078 574 4326.
More
News
|