NO-dramagroep tree op in Kunstekaap
2011-08-11
DIE dramagroep van New Orleans Sekondêr tree op 18 Augustus by die Kunstekaap in Kaapstad op by vanjaar se Schools Arts Festival. Die produksie wat hulle op die planke bring, genaamd, Ek is, I am, Ndi Ndim, handel oor die verskillende tipes mense in Suid-Afrika wat saam in ’n nagklub is met verskillende identiteitskrisisse en probleme in hul lewens. Die liefde en leed saamgeflans met gangsters en die kerk word op een skinkbord bedien. Kaartjies is R40 by Computicket (Checkers/Shoprite) of Artscape Dial-a-Seat by 021 421 7695.
More
News
|