Atlete kan nog inskryf vir Paarlberg-wedlope
2011-08-11
MEER as 300 atlete het reeds ingeskryf vir die McDonalds Paarlberg-wedlope wat eerskomende Saterdag plaasvind. Die halfmarathon, die tweede oudste wedloop in Suid-Afrika, word dié naweek vir die 80ste keer aangebied. Die wedlope sluit ook ’n 10 km- en 5 km roete in. Laat inskrywings word nog Saterdagoggend vanaf 05:30 by die beginpunt aanvaar. Die toegangsgeld is R50 (lede) vir die half-marathon, R40 (lede) vir die 10 km (plus R25 vir ’n tydelike lisensie) en R15 vir die 5 km. Die nuwe roete se begin- en eindpunt is by Laerskool Courtrai en sluit die Taalmonumentpad asook Hoofstraat in. Dié wedloop word deur die Paarl Atletiekklub, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aangebied, ten bate van die Andrew Murray Jeugsorgsentrum. Atlete sal eers die volle lengte van Hoofstraat noordwaarts aandurf voordat hulle in Noorder-Paarl links gaan draai in die Jan Phillipsbergpad. Dit is ’n Boland-ligawedloop met die 21,1 km wat om 07:00 begin. Die 10 km wedloop begin om 07:10 en die 5 km pretloop om 07:20. Atlete wat wil deelneem, kan met Sybrand du Plessis by 083 444 6940 skakel. Inskrywings kan ook by Pêrel Sport in Lady Greystraat en Paarl Mall gedoen word
More
News
|