Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


"Gemiddelde" vertoning van Gim

"Gemiddelde" vertoning van Gim
 
2011-08-11


DIE o.19A-rugbyspan van Hoërskool Gimnasium het Saterdag op die Faurestraat-stadion in sy oorwinning oor HJS die gemiddelde telling van die afgelope 83-interskolewedstryde weerspieël.

Met dié 22-19 oorwinning oor Hoër Jongenskool Paarl het hulle gesorg dat die gemiddelde wenpunt van 8 (Gim) teen 7 (Boishaai) tussen dié twee skole gehandhaaf word.

’n Oudafrigter van Gim se o.19A-span, Nico Momsen, reken in só ’n wedstryd is die hongerder span gewoonlik die een wat as oorwinnaar van die veld stap.

“Gim se span wou die publiek verkeerd bewys aangesien hulle hierdie jaar nog nie aan die verwagtinge voldoen het nie. Daar is geweldige druk in sulke wedstryde en toe Boishaai teen rustyd agter was, sou dit verseker sielkundig op hulle ingewerk het,” sê hy.

Gim het Saterdag sy 41ste interskole gewen en sal glad nie tevrede wees met al die hanteerfoute wat aan die begin van die wedstryd gemaak is nie. Gelukkig het Handré Pollard, losskakel, met akkurate skopwerk pale toe, vir Gim die telbord heeltyd aan die rol gehou. Hy het op die ou einde met vier strafdoele geslaag.

Maar die skepskop van Johannes Human, heelagter van Gim, van anderkant sy eie halflyn, was vroeg reeds ’n spyker in Boishaai se doodskis.

Toe Corné Cooper, flank van Gim, vir sy span se enigste drie oorduik, sou mens reken dat Boishaai se wind heeltemal uit hulle seile was. Maar nee, toe Takkies Reitz, slot en kaptein van Boishaai, gaan druk ná ’n oorstootpoging, was ’n oorwinning vir Boishaai moontlik.

Met ’n minuut ooe het Gimnasium koelkop gebly om sodoende ’n oorwinning te verseker.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za