Wellington Hoër brei uit
2005-10-27
DIE Wellington Sekondêre Skool, voorheen bekend as Wellington Junior Sekondêr, brei in 2006 sy leergang uit na graad 10. Die skool, wat in 2003 ontstaan het omdat graad agts nie by Bergrivier- en Weltevrede Sekondêr kon plek kry nie, het vinnig gegroei tot ’n volwaardige skool met sy eie identiteit.
Waar die skool in 2003 begin het met 96 leerders en vier leerkragte, het hulle nou 320 leerders met 10 opvoeders.
In 2004 is vier nuwe lokale bygevoeg by die sewe wat alreeds daar was. Goedkeuring deur die provinsiale onderwysdepartement is ook reeds verleen om nog vier nuwe lokale voor Januarie by te voeg.
Konstruksie behoort eersdaags te begin.
Heelwat ander verbeteringe aan die terrein is ook gedurende 2005 aangebring onder andere teerbladdens, afdakke, meer krane en ook spoeltoilette.
Wellington Sekondêr is ’n dubbelmediumskool waar alle vakke in Afrikaans en Engels aangebied word.
More
News
|