Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blohm en Bacchus saam by Ou Meul

Blohm en Bacchus saam by Ou Meul
 
2011-08-11


OP Vrydag 19 Augustus tree Jan Blohm en Bacchus Nel om 20:00 by die Ou Meul-teater op.

Sedert Jan Blohm in 2004 op die Suid-Afrikaanse musiekhorison verskyn het, het hy met elke projek sy onteenseglike talent onderstreep en bewys.

En hy het dit reggekry, nie net deur talle gesogte toekennings in te palm nie, maar ook deur sy groeiende basis van lojale aanhangers.

Jan skryf self al die lirieke van sy liedjies en sy digterlike meesterskap word briljant gekomplimenteer deur sy geniale musikale interpretasie. Die een ding wat hierdie jong virtuoos juis so besonders maak, is dat sy musiek ’n gesprek uit die hart is.

Dit het ’n onweerstaanbare en oorrompelende kombinasie van musiek en emosie tot gevolg. Daar is ’n deernis, ’n kwesbaarheid met nuanses wat jou na onbekende plekke laat reis.

Hy sing stories van ons almal se diepste wese. Hy skep ontmoetings met tapisserië van seer en salvation.

Bacchus Nel is meer as net ’n blinde sanger en digter. Liedjies soos Sondagoggend basement blues en Vrou van kennis goed en kwaad illustreer sy oorrompelende talent as storieverteller wat met akoestiese rock, country, folk en selfs blues tot wyedoek-ervarings uitgebou is.

Kaartjies is R100 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za