Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HMS onderskep sege by Gim

HMS onderskep sege by Gim
 
2011-08-11


DIE onderskeppingsvermoë van Hoër Meisieskool (HMS) se o.19A-netbalspeler, Shannen Bartlett (senter), het verlede Vrydag die verskil gemaak en sodoende verseker dat HMS se span dié seisoen op ’n hoogtepunt afgesluit het deur vir Hoërskool Gimnasium in die interskole-stryd met 25-16 te klop.

Dit is die eerste keer in ses jaar dat HMS dit regkry om met Gim af te reken.

Die doele, Adri van Heerden en Louise Louw, het ook uitstaande spel gelewer.

Die HMS-meisies het as ’n span goed saamgespeel en hoewel elkeen in hul individuele posisies uitgeblink het, was dit hul spanpoging en ondersteuning aan mekaar wat die wedstryd in hul guns laat swaai het.

Ná die eerste kwart was die telling 7-5 in HMS se guns. In die tweede kwart het die Girlshighers behoorlik die krane oopgedraai met Gimnasium wat in die derde kwart weer ‘n bietjie ingehaal het, maar in die 4de kwart het HMS hulle behoorlik ore aangesit.

Ná ’n baie suksesvolle seisoen is dit ’n welverdiende wen vir HMS wat vroeër dié jaar wenners van die Boland Netbaldag was. Hulle was ook tweede by die Sun City-toernooi en derde by die All Girls Festival in Oos-Londen.

Ses van hul spelers is ook opgeneem in verskeie Wes-Kaapse netbalspanne en drie is ook aangewys as kapteins van hulle onderskeie streekspanne.

Landi Ehlers is aangewys as kaptein van die o.17-span, Mienke Ehlers as kaptein van die o.15- span en Marise Malherbe as kaptein van o.16- span.

Marise is ook aangewys as deel van die SA o.16-oefengroep. Al ses Wes-Kaapse spelers het medaljes by die SA kampioenskappe verower.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za