OUDPRESIDENT FW de Klerk is vanaand om 19:00 die genooide spreker by die Taalmuseum se Mathews Phosa-lesing by die Historium-konferensiesentrum in Pastorielaan, Paarl.
De Klerk praat oor “Die plek van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika”.
Dié lesing maak deel uit van die Taaldagvieringe op 14 Augustus. Die geleentheid sluit ook ’n begeleide toer deur die museum in.