DIE VGK Bergrivier vier sy 40ste bestaansjaar. Tydens die erediens van Sondag 31 Julie om 10:00 sal Appolis Prins ’n kantate wat hy geskryf het, opvoer saam met die koor. Op 14 Augustus om 10:00 word die erediens waargeneem deur ’n oudleraar, ds Reggie Boesak. Die feesvieringe word afgesluit met ’n dinee op 14 Augustus om 13:00 in die Bergrivier-koshuiseetsaal.
Skakel Allie Adams by 078 2214 803.