Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skok voor eksamen

Skok voor eksamen
 
2005-10-27


NIE eens ’n motorbotsing op pad na haar matriekeksamen kon verlede Donderdag ’n uitblinker-student van La Rochelle van die Engelse vraestel weghou nie.

Engels lê juis vir Marike Vorndran van Suider-Paarl na aan die hart.

Vroeër vandeesmaand nog is haar talent beloon met die insluiting van haar Engelse literêre werke in die publikasie “English Alive”.
Donderdagoggend het sy om agt-uur regoor die De Oude Renbaan in die Hoofstraat gery toe twee motors skielik voor haar gerem het.

“Hulle was altwee van buite die Paarl en op pad na die nuwe Mall. Hulle het vinnig gery, en het te laat besef hulle is regoor die uitrit.

“Toe stop hulle so skielik dat ek nie ’n kans gehad het nie. Ek kon ook nie uitswaai nie, met motors in die ander baan ook.”

Marike is per ambulans hospitaal toe geneem, waar vasgestel is dat sy ’n gekraakte rib en kneusings het.

“My bors was seer van die veiligheidsgordel, en ek is vol bloukolle, maar ek het die heeltyd geweet ’n mens mag ’n uur laat kom in die eksamenlokaal.”

Kort voor 10:00 was Marike op haar sitplek, nog in skok, maar daar om die English Literature vraestel te beantwoord.

Die amptelike opening van die Paarl Mall is byna vertraag met die verkeersknoop dié Donderdagoggend, wat van die KWV in die Hoofstraat tot by die N1 gestrek het en die verkeer byna ’n uur lank ontwrig het.

* The traffic jam in which a matriculant was injured on her way to write English Literature, caused disruption all the way to the Paarl Mall.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za