DIE ontwikkeling van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch van 1911 tot 2011 sal onder meer bespreek word by ’n byeenkoms Vrydag 12 Augustus om 18:30 by die Hugenote-Gedenkskool in Daljosafat.
Die Marie Luttig-gedenklesing met die onderwerp “Sonder Afrikaans is ek niks” sal gelewer word deur prof Pieter Kapp. Belangstellendes kan bespreek by dr Carel Stander by tel 021 863 3366 of 082 7735234.