DIE ATKV Wellington bied ’n blommetoer aan na die Weskus op 3 September.
Die bus vertrek om 08:00 vanaf Laerskool Hugo Rust en die eerste stop is by die orgideeplaas by Darling waar ’n heerlike koppie koffie en pannekoek wag. Daar sal ook blomme en plante te koop wees.
Daarna vertrek hulle na Langebaan en maak ’n draai by Jacobsbaai. ’n Ete wag dan by Saldanha se Hoedjiesbaai Hotel en die bus sal deur Hopefield terugry.
Kaartjies is R170. Bespreek jou plek by Musiklood Paarl, Write Shoppe in Wellington of skakel Hentas by 083 309 7411 of Anita by 084 409 5438.