Wykskomitees verkies
2011-08-11
DIE Drakenstein Munisipaliteit hou vandeesmaand verkiesings van wykskomitees, om gemeenskapsbetrokkenheid in plaaslike regering te versterk. Volgens die speaker, Koos le Roux, moet inwoners kan deelneem aan die munisipale besluitnemingsprosesse en is hul insette onontbeerlik vir beplanning in die toekoms. Wykskomitees sal ook die kommunikasie tussen die Raad en plaaslike gemeenskappe verbeter, ’n rol speel om spesifieke gemeenskapsbehoeftes te bepaal en munisipale programme te verfyn om plaaslike omstandighede in ag te neem. ’n Wykskomitee is ’n onafhanklike adviesliggaam, wat onpartydig moet wees en sy funksies moet verrig sonder bevoorregting of vooroordeel. Die wykskomitee dien as ’n klankbord en adviesliggaam vir die raadslid en kan deur hul raadslid aanbevelings maak aan die Raad, die burgemeesterskomitee of die uitvoe- rende burgemeester. Wykskomitees kan ook inligting versprei rakende munisipale kwessies soos die begroting, onwikkelingsbeplanning en diensleweringsmoontlikhede en hulle kan navrae en klagtes van inwoners ontvang rakende munisipale dienslewering. Elke wykskomitee bestaan uit die raadslid wat die wyk verteenwoordig (voorsitter) en ’n maksimum van tien vrywilligers uit die wyk. Enige geregistreerde kieser, sonder munisipale skuld, is verkiesbaar as lid van ’n wykskomitee, tensy hy of sy ’n munisipale werknemer is. Die verkiesingsproses word gekoordineer deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie en die munisipaliteit. Nege van die vergaderings is reeds gehou. Die volgende vergaderings, wat om 19:00 begin, is vanaand in die Colibrisaal (Wyk 5 van raadslid Vuyani Hlati) en te Orleansvale Primêr (Wyk 24 van raadslid Miriam Adriaanse). Maandag is dit Wyk 25 van raadslid Amina Pietersen by Nederburg Primêr en Wyk 26 van raadslid Wendy Philander by Paulus Joubert Primêr. Dinsdag is dit Wyk 8 (raadslid Tshaya) in die Congregational Kerk in Mbekweni en Wyk 6 van raadslid L Magala in die Mbekweni gemeenskapsaal. Woensdag volg Wyk 11 (raadslid Aidan Stowman) by Newton Primêr en Wyk 13 (raadslid Soudah Ross) by Groenheuwel Primêr. Donderdag is dit Wyk 8 (raadslid dr Thys Smit) by Happy Toddlers Crèche. Vergaderings op 22 Augustus is in die Toringkerksaal en die Judosaal te Nuwe Eskdalestraat 103 (De Zoete Inval) en die NGK Paarlberg. Op 23 Augustus volg Nuwedrift Primêr, en Amstelhof Primêr. Op 24 Augustus is daar vergaderings in die Breedtsaal en die Safmarinesaal. Vir verdere vergaderings, sien www. drakenstein.gov.za of skakel 021 807 4619 (speaker se kantoor). * Ward committee elections have kicked off in Drakenstein, co-ordinated by the IEC.
More
News
|