Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrae oor polisieman se ‘selfmoord’

Vrae oor polisieman se ‘selfmoord’
 
2011-08-11

Lise Beyers

HET ’n plaaslike polisieman selfmoord gepleeg, of was sy dood te wyte aan die onverantwoordelike hantering van ’n vuurwapen?

Dít is die vrae wat gevra word ná die dood van adj Jonathen Dampies vroeg Saterdagoggend in Mbekweni.

Hy is aan ’n skietwond in sy gesig dood.

Dampies het Vrydagaand aan diens gegaan by Mbekweni-polisiestasie waar hy die afgelope 12 jaar werksaam was.

Hy en twee kollegas het deurnag patrollie gery in ’n dubbelkajuit-bakkie.

Hulle het omstreeks 04:00 op ’n oop stuk veld naby die polisiestasie ’n wyle gaan rus toe ’n skoot afgetrek is vanuit Dampies se 9 mm dienspistool.

Volgens ’n amptelike polisieverklaring het Dampies sonder verduideliking sy dienspistool “in sy mond gedruk” en homself voor sy kollegas geskiet.

Maar nuwe inligting het aan die lig gekom wat beweer dat Dampies aan sy kollegas gesê het dat hy sy dienspistool gaan veilig maak, toe die skoot afgegaan het.

Die nadoodse ondersoek is afgehandel, waarna die polisie hul ondersoek in die presiese oorsaak van Dampies se dood sal voltooi.

Sy geskokte vrou, Jacqueline, het vertel dat selfmoord teenstrydig is met haar man se persoonlikheid.

“Hy het Vrydagaand vir my gesoen-groet en gesê dat ek sy bed moet warm hou vir wanneer hy Saterdagoggend tuis kom.

“In die verlede as hy van selfmoorde gehoor het, het hy gesê dis net lafaarde wat so iets doen. Hy sou nooit vir my en sy twee seuns alleen laat nie.”

Maar volgens ’n kollega was ’n interne ondersoek teen Dampies onderweg ná ’n saak van aanranding van ’n verdagte in die Mbekweni-polisieselle. Indien hy hieraan skuldig bevind sou word, kon hy afgedank word.

Mbekweni-polisie se bevelvoerder, kolonel Cornelius Geldenhuys, het gesê dat die dood van ’n polisieman ’n stasie diep tref: “Ons lede voel dit baie erg en ons stel berading beskikbaar vir diegene wat dit benodig.

“Ons innige meegevoel gaan uit na die Dampies-gesin in hierdie moeilike tyd.”

Dampies word oorleef deur sy vrou en twee seuns Damian (11) en Junathan (9).

Die roudiens vind Saterdag plaas vanaf die woning van die gesin by die Paarl-polisiewoonstelle in die Bergrivier Boulevard, waarna die kerkdiens by die Nuwe Apostoliese Kerk in New Orleans volg.

’n Private verassing sal plaasvind.

* Questions are being asked whether the shooting death of a Mbekweni policeman was suicide or an accident.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za