Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Medaljes stroom in vir plaaslike karatekas

Medaljes stroom in vir plaaslike karatekas
 
2005-10-27


DIE Hayashi-Ha Karateklub in Saterdag gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie toe hulle 55 medaljes verower het tydens die jaarlikse Kampioen van Kampioene kompetisie.

Die klublede het dan ook tot in hul kleintoontjie lekker gekry toe hul sempia, John Solomons, as die beste karateka van die dag aangewys is.

Die lede van Hayashi-Ha Paarl onder leiding van sensei Patrick Ross wat goue medaljes verower het, is Helia Witbooi, Verna Jack, Rhowan du Plessis (dubbel goud), Ayrrin Riffel (dubbel goud), Michael Frans (drie goue medaljes), Devon Jelander, Marcello Ross (twee goud), Emile Clayton, John Solomons, Garth Morris, Beryldene Hoffman, Edwina Clayton, Ashlyn McMillan en Danica Adams.

Silwermedaljes is verower deur Helia Witbooi, Robyn Fortuin (2), Zandré Williams, Sheila Patryeka (2), Ayron Jonker, Devon Jelander, Dimitri Jacobs (2), Emile Clayton, John Solomons, Garth Morris, Tammy Lee Sheldon, Edwina Clayton, Rentra Farmer, Verna Jack.

Die vegters wat bronsmedaljes ingepalm het, is Dillon Smith, Ashlyn McMillan, Danica Adams (2), Sheila Patryeka, Ayron Jonker, Serge Sheldon, Kenau Fortuin, Marcello Ross, Garth Morris, Brent Jonker, Tiffany Kelly, Charne Sheldon, Beryldene Hoffman, Edwina Clayton, en Whillen Riffel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za