Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wagtye by TC Newman-daghospitaal sal verbeter word

Wagtye by TC Newman-daghospitaal sal verbeter word
 
2011-08-18


EK verwys na die brief “Wat gaan aan by TC Newman” in Paarl Post van 11 Augustus waarin gekla word dat pasiënte buite moet wag.

Ons kliënte, oud en nuut, is bewus van die herbouing van TC Newman-daghospitaal, wat in 2009 onderneem is en nou tot ’n einde kom.

Kliënte, wat al ’n geruime tyd TC Newman besoek vir hulle gesondheidsorg, sal weet dat daar by die ou mediese rekords-area baie lang wagtye was en dat lêers nie altyd was, waar hulle hoort nie. Terloops, kliënte het in verskeie forums aangedui dat wagtyd ’n probleem skep wat die algehele diens wat ontvang is, benadeel.

Die bestuur van die kliniek saam met rolspelers, het verskeie opsies ondersoek om nie net die wagtyd nie, maar ook die vloei van besoekers aan TC Newman-daghospitaal te verbeter.

Die ondersoek het gelei na ’n sisteem wat “lean management” genoem word, en daar is besluit om so ’n stelsel by TC Newman te loods. Dit is juis die implementering van hierdie proses wat nou veroorsaak dat kliënte soms vir ’n rukkie buite, op die stoep, moet tou staan.

Dit is nie ’n permanente reëling nie, en sal soos die nuwe stelsel bekend raak, verdwyn.

Die Wes-Kaapse Regeringsgesondheid asook die bestuur van TC Newman-daghospitaal wil graag kliënte en personeel bedank vir hul volgehoue geduld gedurende hierdie aanpassingstydperk.

Kommentaar is welkom en kan gerig word aan die bestuurder by die TC Newman-kliniek.

Jo-Anne Otto (skakelbeampte)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za