Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-08-18


KRIEKET

* Die SR Radiators Young Peoples-krieketklub bied op 2 September ’n hoenderbraai teen R50 per kop aan. Dit vind plaas by die klubhuis by die Daljosafat-sportgronde. Skakel vir G Rooks by 079 796 3336 vir meer inligting. Netoefeninge vind elke Dinsdag en Donderdag op die Dal plaas.

* Paarl-krieketklub se oefeninge vind tans plaas te Parys-sportvelde op Dinsdae en Donderdae vanaf 17:00. Alle huidige spelers en nuwe spelers word versoek om die oefeninge by te woon met die oog op die nuwe seisoen asook vriendskaplike wedstryde teen Tygerberg en St Augustine’s. Die datum vir die klub se uitgestelde algemene jaarvergadering sal eersdaags bekend gemaak word.

* Die Bergrivier-krieketklub se oefeninge het reeds begin. Hierdie week oefen hulle elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag om 17:00.

* Drakenstein Edu-krieketklub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 16:30 tot 18:30 by Hoërskool Labori se krieketvelde. Nuwe lede is welkom. Vir navrae, skakel Butch Green (afrigter) by 073 136 2713 of Enver van Breda by 079 026 1274.

* Ter voorbereiding van die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub tans aansoeke in van toporde-kolwers en ’n afrigter wat by die klub wil aansluit. Vir meer besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379.

* Paarl-Oos-krieketklub se oefeninge is Maandae en Woensdae om 17:30. Hulle bied ook op 20 Augustus met die Springbokke vs All Blacks-wedstryd ’n grootskermuitsending by hul klubhuis aan. Verversings en speletjies word aangebied. Musiek word ook verskaf. Skakel vir kapt Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017.

) RUGBY

* The Fish King Young Standards RFC se 120 feesjaar sluit in ’n gholfdag op 11 September te Wellington Gholfklub, op 1 Oktober ’n feeswedstryd teen Retreat op Faurestraat-stadion, op 15 Oktober ’n feeswedstryd teen Vineyards op Nuweland (voorwedstryd vir Curriebeker-wedstryd tussen WP en Pumas), op 22 Oktober ’n feesdans te Allandale Sportklub en op 29 Oktober ’n derby teen Young Gardens te Faurestaat-stadion. Vir navrae, skakel Kevin Benjamin by 082 731 4879.

* Young Peoples speel Saterdag weg teen Tygerberg. Die bus vertrek uit Groenheuwel om 10:00. Die klub hou ’n dans in Club Bash op 2 September @R20. Kaartjies kan by spelers en bestuur verkry word.

* Violets RVK. bied op 26 Augustus ’n hoenderbraai teen R40 aan by Jacobsstraat 13 om 17:00. Kaartjies kan by spelers en bestuurslede verkry word. Die klub speel weer op 27 Augustus teen Young Standards. Alle spelers moet Dinsdae en Donderdae by die oefenveld aanmeld. Kontak A. Raubenheimer by 079 767 6046.

) DOMINOES

Drie klubs (Signall Hill, Nieuwe Zion en Merlé) neem tans deel aan die Simondium Domino-klubkampioenskappe. Wedstryde word Dinsdae vanaf 19:30 tot 21:30 gespeel.

) NETBAL

* Die Paarl-netbalklub se oefeninge is op Maandae en Donderdae om 18:15 op die Zanddrift-bane. Belangstellendes kan Annelie Lucas by 083 377 2232 of Bennie Saayman by 083 462 6311 skakel.

) SOCCER

* Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and former members of the club are invited to join the celebrations.

The club is in the process of establish­ing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. Contact Lionel Matthee at 072 239 2181 or 021 807 4847.

) SPORTFORUM

Die volgende vergadering van die Paarl Sportforum is op 23 Augustus (Dinsdag) te Hugenote-gemeenskapsaal om 19:00. Alle geaffilieerde klubs moet teenwoordig wees. Alle sportklubs in die Paarl-omgewing word uitgenooi om aan te sluit. Kontak vir Brandon du Plessis by 076 187 7260 of brandonathletics@yahoo.com vir meer inligting.

) BODY-BUILDING

Paarl Body-building and the Huguenot CYM host the muscle and beauty show on 27 August (19:00) at the Strauss hall in Paarl. A Boland team will be selected to take part in the SA championship in October in Paarl and gym members can also take part in the Mr & Miss Gym 2011. Admission is R20 and the entry fee is R50. Contact AC Adams at 071 178 0578 or B Solomons at 078 574 4326.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za