HJS segeloos teen Hoërskool Grey
2005-10-27
DIE top krieketspanne van Boishaai kon nie ’n enkele oorwinning behaal in hul onlangse wedstryde teen Hoërskool Grey van Port Elizabeth nie.
In die eerste span wedstryd stuur HJS vir Grey in om te kolf. Die Grey-manne laat waai met die kolf en behaal 244/7 in 74 boulbeurte.
Charl Malan (3/35) en Nathan Roos (2/27) was die Paarl-span se beste boulers.
HJS behaal 174/5 in 46 boulbeurte, met Tenysson Botes (79nun) en Gareth Swardt (36) wat die lopies inryg, en die wedstryd eindig onbeslis.
Boishaai se tweede span (154) het egter op hul neus gekyk nadat Grey 202/9 aanteken en hulle met 48 lopies geklop het.
David Pick (3/17), Wian Buys (38), Julian Hellig (35) en Peter Williams (31) was die Paarliete se uitblinkers.
Die o.15A wedstryd het ook onbeslis geëindig met HJS wat 167 aanteken.
Grey behaal 81/5 in hul toegelate boulbeurte.
Franco Marais (82), William Clift (33), Marius Reitz (3/34), en Storm Dukas (2/11) was HJS se uitblinkers.
Grey het ook o.14A stryd 65/5 gewen nadat HJS 63 kry. Brendon Rink (2/7) was al uitblinker vir HJS.
More
News
|