Plaaslike fietsryers wen langste eendagwedren
2011-08-18
TWEE van Drakenstein se bekendste bergfietsryers, Geddan Ruddouk (36) van Franschhoek (afrigter) en Timo Cooper (20) van Wellington (’n student), het Saterdag koning gekraai in die Transbaviaans-bergfietswedren, die langste eendaagse uitdaag-bergfietswedren ter wêreld. Hulle het dié wedren wat vanaf Willowmore tot Jeffreysbaai strek en 235 km lank is, in 8 uur 57 min voltooi. Die meer as 1500 ryers het om 10:00 vanaf Willowmore vertrek met die temperature wat 4 grade bo vriespunt was. Fietsryers moes hulle ook heeldag teen die koue staal met temperature wat slegs by 11 grade vasgesteek het. Die span het die voortou geneem na 100 km en hulle voorsprong geleidelik vergroot en baie sterker getrap soos die eindstreep nader gekom het. Die relatiewe lae temperatuur en sterk wind het die deelnemers werklik tot die uiterste toe beproef. Geddan se ervaring in dié sport het baie bygedra tot die span se uitstaande prestasie. Hulle het die span in die tweede plek met 17 minute en 45 sekondes geklop.
More
News
|