Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers pak Arende

Kavaliers pak Arende
 
2011-08-18


ALHOEWEL SA Rugby onlangs besluit het om die Premier-liga van die Curriebeker-reeks te verander en net ses spanne daarin toe te laat, wil Boland steeds die groot kanonne aanvat.

“Die Boland en sy spelers is egter steeds vasbeslote om die kompetisie waarin hy tans speel te wen en om moontlik in die toekoms te kompeteer vir ‘n plek in die Curriebeker se Premier-liga,” sê die Boland-rugbyunie se hoof, Piet Bergh.

“Die Boland is teleurgesteld in die besluit van SA Rugby om die Curriebeker-formaat te verander na ses spanne wat om die Curriebeker sal meeding. Die gevoel is dat rugby by sommige unies agteruit sal gaan met die verdwyning van spelers, soos wat destyds die gevoel was met die vermindering van unies vanaf 22 na 14,” sê hy.

Die Regent Boland Kavaliers gaan sy aanslag hierdie Vrydag voortsit in sy wedstryd teen die SWD Arende.

Dié wedstryd vind môre om 16:00 op Wellington plaas. Boland-rugby moedig skoliere aan om Vrydag se wedstryd in groot getalle by te woon.

Alle spanne van skole (insluitend alle sportkodes en ouderdomsgroepe) sal gratis toegang verkry solank hulle in amptelike skooldrag geklee is (beide skool-uniform of sweetpak is aanvaarbaar).

Paarl Post, Regent Versekering en die Boland-rugbyunie se skopskompetisie sal weer tydens lemoenvattyd aangebied word.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za