Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples breek Paarl-Oos se moed

Peoples breek Paarl-Oos se moed
 
2005-10-27


’n ONOORTUIGENDE vertoning met die kolf was Saterdag die doring in die vlees vir Paarl-Oos Krieketklub se eerste span.

Paarl-Oos was nie opgewasse teen hul bure Young Peoples nie en moes op Daljosafat Stadion die knie buig in ’n sespaaltjie-nederlaag.

Paarl-Oos wen vir die eerste keer in ’n lang ruk die loot en besluit om eerste te kolf.

Hulle word tot 134 beperk danksy skitterende boulwerk deur Lorenzo Jacobs (5/39 in 15bb). Hy is goed bygestaan deur Lester Opperman (2/25 in 11,2bb).

Slegs Paarl-Oos se Roswin Jephtha (37 4x7) en Bruce Miller (21 4x4) kon enige weerstand bied.

Peoples se Rupert Bailey het weer ’n uitblinkbeurt gespeel en sy onoorwonne 65 lopies het agt grenshoue ingesluit. Quinton
Kannemeyer (34 4x5) het ook lekker met die kolf saamgesels.
Justin Watts (2/40) was Paarl-Oos se beste kolwer.

Op Allandale waar die klubs se tweede spanne mekaar die stryd aangesê het, was die prentjie omgeswaai.

Die manne van Paarl-Oos II het breed geglimlag nadat hulle 283 op die telbord gesit het en gevolglik vir Peoples met 135 lopies geklop het.

Die wedstryd het vir Peoples op ’n lae noot begin toe Chester Kuiler in die eerste beurt sy been breek terwyl hy veldwerk gedoen het.

Die jonge Tiaan Cloete was die groot kanon onder die kolwers.

Sy 128 lopies het 17 grenshoue en twee sesse ingesluit, terwyl Ashley Pedro (37 4x5) en Mark Borchards (24 4x3, 6x1) ook goeie beurte gespeel het.

Nolan Timmy (2/56 in 10bb), Fortuin (2/35 in 5bb), Jarier Alexander (2/47 in 7bb) en kaptein Marlin Carolissen (2/33 in 12bb) het paaltjies ingeoes.

Die besoekers kon slegs met 148 antwoord, met moedige vertonings deur Tom-Ross Fortuin (56 4x7, 6x2), Wade October (35 4x4) en Ainsley Anderson (23 4x3, 6x1).

Godfrey Linee (4/13 in 6bb) en Pedro (4/22 in 9bb) het Peoples op hul knieë gedwing.

Saterdag speel Peoples I (weg) en II (tuis) teen Malmesbury. Die derde span het ’n loslootjie.

Paarl-Oos se derde span het op Stellenbosch ook sukses geproe teen Van der Stel.

Die Paarliete kry 284 danksy Heino Erasmus (61nun 4x12), Hilton Hansen (35 4x6), Kurt Julius (25 4x5) en Garth Lewis (23 4x5).

Die tuisspan kan net 175 bymekaar skraap voor al hul paaltjies val, met Lewis (5/30 in 8bb), Julius (2/27 in 6bb) en Charl Booysen (2/33) wat die skade aanrig.

Saterdag speel Paarl-Oos I (tuis) teen Victoriane. Die tweede span het ’n loslootjie en Paarl-Oos III speel tuis teen Spes Bona.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za