Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


New Orleans verhang bordjies

New Orleans verhang bordjies
 
2011-08-18


MET Saterdag se derbystryd tussen Klein Nederburg en New Orleans is die bordjies verhang en Klein Nederburg se vyfde poging om die derbykroon in te palm is in die kiem gesmoor. New Orleans se o.19A-span het met 15-9 gewen.

Dit was ’n skouspel, maar die rugby wat opgedis was, was nie fynproewergehalte nie. Die 15000 toeskouers op die Faurestraat-stadion in die Paarl het by tye goeie rugby gesien, maar oor die algemeen was die wedstryd gekenmerk deur verkeerde besluite en swak hanteerwerk.

New Orleans se wen was te danke aan drieë deur Clinton Ruiters (agsteman) en Danwill Cupicdo(senter), met ’n doelskop en ’n strafdoel deur Angus Cornelissen (heelagter).

Ander uitslae: Rugby: o.19B- gelykop 8-8, 0.16A Klein Nederburg 13 New Orleans 15, 0.15A Klein Nederburg 27 New Orleans 26, o.14A Klein Nederburg 0 New Orleans 15.

Netbal: o.19A Klein Nederburg 10 New Orleans 19, o.16A Klein Nederburg 9 New Orleans 21, o.14A Klein Nederburg 7 New Orleans 15. Skaak: 4-elk, tafeltenis: Klein Nederburg 1 New Orleans 3. Basketbal: o.19A seuns Klein Nederburg 15 New Orleans 16. Sokker: o.19A seuns 1-elk.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za