LEERDERS in graad 9 en graad 10 wat koel is soos komkommers en dink hulle is skerp en kreatief in Afrikaans kan nou inskryf vir die Skerpskryf-kompetisie.
Skryf 地 nuusartikel van so 900 woorde oor die ontstaan en geskiedenis van Afrikaans, veral oor die versoenende rol van Afrikaans en (koel of cool) Afrikaanspraters. En ook hoe Afrikaans kan voortbestaan.
Skerpskryf is 地 skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir Afrikaanse leerders in Drakenstein en word aangebied deur die Hugenote Gedenkskool in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum- en monument.
Die geskiedkundige Hugenote Gedenkskool in Daljosafat was die eerste skool in Suid-Afrika waar leerders onderrig in Afrikaans ontvang het.
Die eerste prys is R2 000 kontant plus 地 boekbewys van R1000. Die tweede prys is R1 000 kontant plus 地 boekbewys en die derde prys is R500 kontant plus 地 boekbewys. Die skole van die drie top leerders wen elk 地 koopbewys van R500 vir 地 Afrikaanse boek.
Die tien skerpste skrywers wat gekies word, sal genooi word om by die Hugenote Gedenkskool buite die Paarl met Afrikaanse skrywers en joernaliste skouers te skuur.
Stuur jou skryfwerk voor 26 Augustus vir jou Afrikaanse onderwyser of gaan gee dit vir Catherine Snel by die Taalmuseum in Pastorielaan, Paarl, of skakel Catherine by 021 872 3441.