DIE Drakenstein Kunsvereniging bied in Augustus verskeie werkswinkels by die Breytenbach-sentrum in Wellington aan.
Op 25 Augustus is daar ’n “collage” werkswinkel met Fanie Marais vanaf 19:00 tot 21:00.
Bring ’n kwas (no. 8) en leë glasbottel met deksel.
Kom geniet die skeppende proses en maak ’n portret met flenters papier en ’n bietjie verf daarby.
Op 27 Augustus is daar ’n houtskool-werkswinkel met Pierre Botes vanaf 09:00 to 11:00. Leer oor die geskiedenis en tegnieke van houtskool en doen jou eie figuurstudie.
Die wekswinkel is gratis vir lede (R20 vir nie-lede per werkswinkel).
Bespreek jou plek by chantalm@dgb.co.za voor 19 Augustus. Daar is slegs plek vir 25 persone per klas.