Atlete lyk reeds fiks
2005-10-27
DIE plaaslike atletiekseisoen het Saterdag op ’n hoë noot afgeskop tydens Boland Atletiek se Talent-identifiseringsbyeenkoms in die Paarl.
Hoewel dit duidelik was dat heelwat atlete nog besig is om die litte behoorlik te strek was daar ook ’n paar uitblink-prestasies wat goeie dinge vir volgende seisoen voorspel.
Heelwat plaaslike atlete het prestasies behaal wat meer as 900 punte op die Absa-tabel behaal het.
In die verspring vir seuns 13 jaar het Athenkosi Mqulwana van Mbekweni ’n sprong van 5,54m behaal.
Hoewel dit net aan hom ’n tweede plek besorg het, was dié prestasie gelykstaande aan 1044 Absa-tabel punte.
Anthonio May van Klein Nederburg Sekondêr het die 800m vir seuns 15 jaar in ’n tyd van 2:04,80 gewen, wat hom 909 Absa-punte gegee het.
In die 100m vir seuns 13 jaar was Darren Jones van HJS tweede in ’n tyd van 11,80s. Dié prestasie het 976 punte op die Absa-tabel verteenwoordig.
Nog ’n Boishaaier, Curt Ruiters, het in die 100m vir o.15’s eerste gekom in 11,20s wat hom van 1013 Absa-punte besorg het. Hoër Meisieskool Paarl se Stacey Gardiner het die 100m vir meisies 17 jaar in ’n tyd van 12,10s gewen (966 Absa-punte).
Curtley Davids van New Orleans Sekondêr het in die hoogspring vir seuns 15 jaar oor die lathoogte van 1,78m geseil. Sy eerste plek was gelykstaande aan 933 Absa-punte.
In die 100m vir seuns 19 jaar het al drie die voorste atlete meer as 900 punte verdien. Dayne le Kay en Gueron Kulsen (albei van Paarl Atletiekklub) was eerste en tweede met tye van 10,40s (986 punte) en 10,70 (908 punte).
In die gewigstoot vir seuns 15 jaar was dit weer die Gimmie, RJ Kellerman, wat koning gekraai het. Kellerman se afstand van 16,62m het hom 1013 Absa-tabelpunte gegee.
In die 200m vir seuns 13 jaar het HJS se Darren Jones tweede gekom in 25,70s (914 punte).
More
News
|