Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ontdekkingsreis van nuwe musiek

Ontdekkingsreis van nuwe musiek
 
2011-08-18


DANIE NIEHAUS, met sy deurwinterde tenoorstem en ’n wêreldklas-vokale vermoë wat oor verskeie oktawe strek, het sy eiesoortige vertolkstyl wat ’n hoogtepunt bereik met sy album, La Romatica. Danie sal liedjies van dié album op 25 Augustus om 20:00 by die Ou Meul-teater sing.

Hy is bekend as sanger, aanbieder, akteur en skrywer van bykans 170 liedjies wat reeds opgeneem is en waaronder verskeie treffers tel.

Hy bring ná drie dekades nog ’n musikale skat na gehore in ’n meer klassieke styl en hy doen dit in Afrikaans, Engels, Italiaans, Nederlands en ook in Frans.

La Romantica is ’n musikale palet waarop Danie meesleurende prentjies oor kleur, ritme, seisoene, tyd, drome, die onmoontlike en die moontlike, verloor en oorwinning en die liefde verf.

Saam met hierdie ontdekkingsreis van nuwe musiek en liriek, bring hy ook weer van die gewildste musiek uit sy eie pen en sing musiek uit verskillende genres wat wissel van ballades tot pop, rock en ligte-klassieke musiek.

Kaartjies teen R80 per persoon kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056 of stuur ’n epos na vicky@oumeulteat er.co.za.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za